Adolf Malan
Full names: Adolf Weich
Date of birth: 6 Sep 1961
Place of birth: Germiston
School: Pietersburg
Springbok no: 556
Debut test province: Northern Transvaal
Physical: 2.04m, 110kg
Current age: 62

Test summary: Tests: 7 Tries: 0
First Test: 26 Aug 1989 Age:27 Lock against World Invitation at Newlands, Cape Town
Last Test: 14 Nov 1992 Age:31 Lock against England at Twickenham, London
Test history:
DateAgePositionOpponentResultScoreVenueProv
26 Aug 198927LockWorld InvitationWin: 20-19 Newlands, Cape TownN-Tvl
02 Sep 198927LockWorld InvitationWin: 22-16 Ellispark, JohannesburgN-Tvl
15 Aug 199230LockNew ZealandLose: 24-27 Ellispark, JohannesburgBlue Bulls
22 Aug 199230LockAustraliaLose: 3-26 Newlands, Cape TownBlue Bulls
17 Oct 199231LockFranceWin: 20-15 Stade de Gerland, LyonBlue Bulls
24 Oct 199231LockFranceLose: 16-29 Parc des Princes, ParisBlue Bulls
14 Nov 199231LockEnglandLose: 16-33 Twickenham, LondonBlue Bulls

Wie is Adolf Malan : Varsity Cup

Op een na die langste speler wat ooit die Springboktrui oor die kop getrek het, een van vyf Malans wat Springbok gespeel het, 159 keer die Ligbloutrui gedra het en ‘n volle 2.04-meter in sy sokkies staan: die oud-Tukkie; Adolf Malan.

Neil Hugo is ook 2.04m, maar die man wat by hulle verbygsteek het is die jong Andries Bekker wat 2.08-meter lank is!

Net vir die interessantheid: Andries se pa, Hennie is 2.01m, Victor Matfield 2m en Philip Schutte ook 2m.

Die ander Malans wat Springbok gespeel het, en nie een familie van Adolf is nie, is almal ook voorspelers: die slot Avril Malan, die hakers Abe en Ewoud en die flank en oudste lewende Springbok, Oom Piet Malan.

Adolf het van 1982 tot 1985 vir Tukkies gespeel en onthou sy dae van ware intervarsities “waar jy moes sukkel om die aangeklamde studente van die veld en die pale af te hou” teen Maties, die destydse RAU en ‘n keer of wat teen die Shimlas met heimweë.

Hy het van sy tweede jaar af vir die Blou Bulle gespeel en toe hy sy stewels finaal opgehang het het 159 wedstryde agter sy naam gepryk.

Adolf is deesdae in die eiendomsontwikkelingsbedryf in Pretoria, noord van Pretoria en ook in die Noordkaap.

Hy is steeds ‘n getroue volgeling van Tukkierugby en ondersteun waar en wanneer hy kan.

Adolf voel dat die FNB Varsitybeker aangebied deur Steinhoff International “fantasties” is en sorg vir mooi rugby. Die toernooi onderstreep die waarde wat studente tot die spel toevoeg en hy salueer die borge vir die inisiatief.